Jaco Jacobs ontvang ’n brief van ’n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is ’n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: ’n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories – die een grilleriger as die ander!
Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek ’n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger.