Bakens van Geloof - Ilse Roux

NZ$35.00

God wil jou seën

Voordat ons by die getuienisse kom, moet jy eers besef dat God jou wíl seën. Hy wil jou met alle mag bevoordeel en jou bederf met wonderlike goeie goed. Dit is wie Hy is! As jy dit nie geweet het nie of dit nog nooit besef het nie, dan moet ek jou eers gou hierdie Skrifgedeeltes wys. God het dit in sy Woord geskryf, sodat jy dit vir seker kan weet. God wil jou seën!

God het jou eerste gekies
Nog voor God die aarde en alles daarop geskep het, het Hy ons almal vir Hom uitgekies om sy kinders te wees. Efesiërs 1:4: “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.” Hy het ons almal eerste gekies. Daarna kry elkeen van ons die geleentheid om Hom te kies. Sommiges verkondig ’n uitverkiesingsleer wat nie ooreenstem met God se Woord nie. God kies nie net sekere mense en laat die ander doelbewus uit nie. Hy kies almal van ons om Syne te wees. God gee egter aan ons ’n keusevryheid om Hom te kies. Hy forseer Hom nie op ons af nie en Hy manipuleer ons ook nie. Al ons keuses het gevolge.

Sagteband A5 boek

218 Bladsye, uitgegee deur Luca

9761776356720