Aandstories vir kleuters

NZ$39.00
Sold Out

Aandstories vir kleuters is een van die bekendste, mees klassieke versamelings van die wêreld se gewildste sprokies en verhale. Sedert die eerste Afrikaanse uitgawe in 1970, is die bundel talle kere herdruk en was die kenmerkende "groot rooi boek" deel van duisende kinders se grootwordjare. Dit is ideaal vir voorlees met slaaptyd, maar ook vir ouer kinders wat al self lees, en die pragtige volkleurillustrasies betower kinders al vir dekades lank. Buiten 14 bekende kleuterrympies, is daar 8 immergewilde verhale: Rooikappie, Klein Duimpie, Gouelokkies, Jan en die boontjierank, Aspoestertjie, Heidi, Sneeuwitjie, Die lelike eendjie en Die skone slaapster. Die teks is hersien deur Elsa Silke en sorg dat hierdie wonderlike stories weer heerlik lees vir vandag se kind.

ISBN: 9780798186049

Human & Rousseau (Pty) Ltd

Hard Cover / Hardeband 160pp

Pictures / Prentjies

As jy jou wil slap lag, moet jy ‘n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!