Image 1 of 3
Image 2 of 3
Image 3 of 3
Abel-Trilogie - Chris Karsten
Boek I van 'n trilogie. ABEL SE ONTWAKING
Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van klein diertjies om te verruil vir die maskers uit Afrika en tsantsas uit Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag beplan Abel iets besonders. Hy soek ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Reise. En hy soek 'n nuwe gesig.
Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon.
Boek II van 'n trilogie. ABEL SE LOT
Boek II in die Abel-trilogie draai in Bujumbura, Sarajewo en Johannesburg. Adjudant Ella Neser is met verpligte siekverlof ná haar noue ontkoming aan die skalpel van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Tussen die beradingsessies en harplesse deur peins sy oor die foto’s van Abel se slagoffers.
Abel is oor die grens by Komatiepoort, Mosambiek in, en Ella weet hy sal weer moor. Terwyl sy haar lewe weer op koers begin kry, ontmoet sy Milo Boonstra, ’n man met sy eie letsels uit die verlede. Wanneer ’n huisinbraak uitloop op ’n sterfte, kry Ella opdrag om die skuldige op te spoor. Sy is egter nie die enigste wat hulle jag nie.
Is Abel terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?
Boek III van 'n trilogie. DIE AFREIS VAN ABEL LOTZ
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
ISBN: 9780798183482
A5 Sagteband
2023 Uitgawe, 384 pp / boek