Afrikanerkind - Boerestories (Wendy Maartens)

NZ$39.00

Afrikanerkind – Boerestories

‘Afrikanerkind – Boerestories’ is ‘n versameling ware kinderstories wat vertel van die moed, vindingrykheid en uithouvermoë van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede. Deur hierdie verhale wil Wendy Maartens kinders inspireer om trots te wees op hul erfenis en identiteit, en om die skuldlas van die verlede agter te laat. Die bundel beklemtoon ook die belangrikheid van begrip tussen verskillende kultuurgroepe en wys hoe gemeenskappe deur die eeue heen na mekaar uitgereik het, mekaar gehelp en in liefde gedien het. Daarbenewens word die uitdagings van Afrikaner-emigrante in die buiteland verken deur ‘n moderne verhaal wat as raamwerk dien.

Illustreerder: Alistair Ackermann

Lapa Uitgewers 2025