Ag, Fok Tanya - Tanya O'Connor

NZ$30.00

Wat sê jy vir die wêreld wanneer jy alweer ’n “Ag fok, Tanya”-oomblik gehad het?

Hierdie is ’n boek oor die besef van jou broosheid, onvolmaaktheid, daardie stoelstukkend- sit-oomblikke, sê-die-verkeerde-ding, moes-beter-geweet-het-oomblikke. Oor menopouse en plooie, spoedboetes en ’n skerp tong, selluliet en vergeet. Oor verlies, trauma, lag en die ongemaklike genade van ouer word.

Met ontwapenende eerlikheid en verfrissende eenvoud skryf Tanya O’Connor soos sy praat — ongefilter, kwesbaar en eg. Sy dink na oor broosheid, geloof, kuns en die vryheid wat kom wanneer jy ophou om alles te probeer regmaak en begin om jouself te omarm. Sy wonder ook hoeveel keer die Here nie iets soortgelyks sê oor dié probleemkind nie.

Hier word niks teruggehou nie.

Ag, Fok Tanya is soos om “topless” in ’n “topless” kar te ry, in die middel van die dag — oop, onbeskaamd en léwend.

Author: Tanya O'Connor
Dimensions - 220 x 140 x 5mm (L x W x T)
Format - Paperback
Pages - 256
Barcode - 9781997476245

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!