Image 1 of 1
Duiwlesroos - Leon Van Nierop
'n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron in die Laeveld. Daar ontdek hy pikswart rose wat 'n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Dit kan die perfekte moordwapen word. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck, in haar rooskasteel.
Haar sewentienjarige seun Marnus is presies 'n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy bevraagteken die ondersoek wat bevind het dat Marnus selfdood gepleeg het. Maar daar is ook ander skrikwekkende teorie . Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Hoe sterker Beer by Roosbaron se mense betrokke raak, hoe meer begin hy aan die teorie twyfel. Hy vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is.
En in so 'n geval is die moordenaar daar op die plaas! Kinkel op verrassing op ontknoping stuur sy ondersoek in nuwe rigtings, tot sy eie lewe bedreig word. Hy besef eindelik dat daardie roos inderdaad duiwels is. En daardie einste duiwel agter sy siel aan is.
Book Format: Paperback / Softback
Year: 2023
Pages: 336
Barcode: 9780624094654