Hans-reeks - Rudie Van Rensburg - skreeusnaaks!

NZ$25.00

Rudie Van Rensburg Reeks: A5 Grootte, sagteband - $25 elk:

Hans gee herklaas horings

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Hans bars die bioborrel
Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Dis dan Matrone Van Dussen van voor af! Hans is sommer spyt hy’t uit die beheerraad bedank.

Hans hou sy lyf Sherlock
Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe?

Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe.

Hans kry troukoors
​Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n nuwe inkommer, Janneman Vermaak, ding om haar hart mee. Boonop wil hy Hans as leidsman in die tehuis onttroon. Maar iets aan dié opperse snoeshaan en die talentkompetisies wat hy reël is nie pluis nie.

Hans hou bruilof
Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Title: