Daar is 'n spookplaag in die dorp! Die kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg – Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Gelukkig het Otto se vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.