Die werkboek bied aktiwiteite op verskillende vlakke sodat jou kind stadig op die eerste vlak kan wegspring en geleidelik na die meer gevorderde aktiwiteite op die derde vlak kan vorder. Slimkoppe word geskryf deur ervare Suid-Afrikaanse onderwysers en bevat waardevolle notas, wenke en antwoorde vir ouers.