Karel Kat kom kuier in Blommeland met sy nuwe helikopter.
Almal kry 'n kans om saam te ry - selfs koning Rosekrans. Maar
sal Liewe Heksie kan help wanneer Karel en die koning per
ongeluk in groot moeilikheid beland?
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in
prenteboekformaat vir 2- tot 4-jariges.