Narnia 04 - Prins Kaspian

NZ$25.00

Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.

CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke

 ISBN: 9781485302186

Writer / Skrywer: CS Lewis

Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes

Soft Cover / Sagteband

Pictures / Prentjies

Die vier Pevensie-kinders sit nog ewe mismoedig op die stasie en wag vir die trein wat hulle moet terugneem skool toe, toe Lucy skielik n pluk voel. Dan voel Edmund dit ook, en n minuut later Susan en Peter ook. In n ommesientjie verdwyn die stasie en bevind die kinders hulle in n ruie woud langs die see, naby die bouval van wat vroeer hulle kasteel, Kair Paravel, was. Hulle is terug in die magiese land Narnia, waar hulle as konings en koninginne geheers het in Die leeu, die heks en die klerekas. Iets is egter nie pluis nie. Hulle eens majesteuese kasteel is n ruine en dis oral vreemd stil en leeg. Deur Troempels die dwerg leer hulle van die tragiese lot wat Narnia getref het: Burgeroorlog is besig om die land te verwoes en die dapper Prins Kaspian probeer moedig om sy regmatige koninkryk uit sy bose oom Miraz se kloue te red. Kaspian het egter hulp nodig en met Aslan se leiding aanvaar die kinders die uitdaging om Narnia weer n vrolike en vry land te maak.