Hierdie is die storie van 'n gesin wat in die Krugerwildtuin gaan vakansie hou. Tradisies en bekende wildtuin-bakens word uitstekend in die kleurvolle illustrasies vasgevang. Die storie bevat natuurbewaring boodskappe wat n liefde vir die natuur by jong lesers kan kweek. Ouers en kinders sal die boekie saam geniet en hul wildtuinherinneringe tuis kan herleef.