Op Lig - Thilde Nel

NZ$39.00

ETA 30 September 2026 New Zealand

Dis presies die keuse waarvoor Nina een Sondagoggend te staan kom. Moet sy dit ignoreer? Hom daarmee konfronteer en hulle oënskynlik perfekte lewe op sy kop keer?

Skielik voel haar veilige, voorspelbare lewe – haar suksesvolle restaurant, haar aantreklike man, haar hegte vriendekring – nie meer so onwrikbaar nie. Soos krake begin wys, word die mense naaste aan haar ook getoets: ’n verwoestende diagnose, ’n huwelik onder druk, en waarhede wat nie langer weggesteek kan word nie.

Net Bas, die lojale dokter en ewige oujongkêrel, bly ’n vaste anker. Op die Griekse eiland Milos hoop Nina en haar vriendin Emma om perspektief te vind. Maar tussen son, wyn en see word geheime ontbloot – en moet Nina besluit hoeveel van die waarheid sy werklik wil weet.

Want soms is dit eers wanneer alles begin verbrokkel, dat die lig deurbreek.

Author Thilde Nel

ISBN: 9781048315714

Published: August 31, 2026

Paperback

In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!