Skatlam is nie ‘n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy het ‘n droom, ‘n wonderlike droom … al is sy baie lief vir haar raserige familie. Skatlam wil haar eie hotel hê! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe die honger wolf en ‘n sissende slang. En dan is daar nog die draak agter die hotel … Geniet Skatlam se soeke om haar droom te bewaarheid in die pragboek. En leer hoe belangrik dit is om jou drome na te volg…