Wil jy hê jou kind moet slim wees
(die Einstein van sy klas)
en later ’n ryk sakeman
met ’n baadjie en ’n das?
Dan moet jy gou-gou
klomp vir klomp
sy kop vol grote woorde pomp.
En voor hy klaar gespeen is,
sal jy weet dat hy geseën is
en word jou kleine kannetjie
’n grote IK-mannetjie
en dalkies ’n professor
of ten minste ’n assessor.
En alles oor die ABC
uit ons grote
HAT.
Hierdie versiebundel is ’n wonderland vir kinders en hulle ma’s en hulle pa’s en hulle ouma- en oupagrootjies.
Wil jy hê jou kind moet slim wees
(die Einstein van sy klas)
en later ’n ryk sakeman
met ’n baadjie en ’n das?
Dan moet jy gou-gou
klomp vir klomp
sy kop vol grote woorde pomp.
En voor hy klaar gespeen is,
sal jy weet dat hy geseën is
en word jou kleine kannetjie
’n grote IK-mannetjie
en dalkies ’n professor
of ten minste ’n assessor.
En alles oor die ABC
uit ons grote
HAT.
Hierdie versiebundel is ’n wonderland vir kinders en hulle ma’s en hulle pa’s en hulle ouma- en oupagrootjies.