Tussen stasies trilogie 02: Tussen Stasies

NZ$42.00

Tussen stasies trilogie:

Boek 1: Ver wink die Suiderkruis

Boek 2: Tussen Stasies

Boek 3: Tolbos

Die vroulike hoofkarakter, Gretl, se ouma was 'n Jodin wat met 'n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods, maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur - selfs in die derde en die vierde geslag. Teen daardie tyd wéét die Jode van die doodskampe. Daarom laat die ma haar twee dogtertjies ontsnap deur 'n klein opening in die beestrok waarmee hulle vervoer word. So swerf die agtjarige Gretl en haar twaalfjarige suster deur die suide van Pole op pad na familie in Switserland. Die suster word ernstig siek en hulle kry onderdak by 'n bitter arm Poolse vrou met 'n swetterjoel kinders.

Die manlike hoofkarakter, Jakób, is 'n vurige Poolse student wat tydens die oorlog by die Poolse weerstandsbeweging aansluit. Die beweging het hoofsaaklik guerrilla-aanvalle op beide Duitse en Russiese magte gedoen, gestreef na die outonomie van Pole ná die oorlog, en vlugtelinge, ook Jode, gehelp.

Wanneer Gretl se suster sterf, en die Poolse vrou ook nie meer na haar kan omsien nie, word Gretl Jakób se verantwoordelikheid. Gretl weet nie waar of wie die familie is waarheen hulle op pad was nie, dus neem hy haar saam na sy ouerhuis in Czestochowa. Daar is egter geweldige armoede en tekorte in die naoorlogse Pole, sodat sy teen die einde van 1947 ook nie meer daar kan bly nie. Jakób lees van 'n program wat Duitse wesies na Suid-Afrika stuur en hy kry haar daar in.

Sagteband 520pp

ISBN 9780799364057

Die reeks

Ver wink die Suiderkruis is 'n heruitgawe van die eerste boek in die trilogie wat bestaan uit Tussen stasies, die tweede boek, en Tolbos, die derde boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir 'n nuwe generasie lesers.