Boereplaas

NZ$55.00
Sold out / Teken aan op waglys

BORDSPEL (soos Monopoly)

Ontmoet vir Oom Sakkie, die grootste niksnuts wat ongelukkig jou plaas bestuur! Hy kan niks regdoen nie. Hy leen jou (die boer) voertuig en gooi petrol in jou diesel bakkie en stamp die bakkie as hy dorp toe gaan. Hy leen ook geld en dobbel alles uit by die casino. Hy is ‘n totale ramp! Ongelukkig het jy vir oom Sakkie nodig om jou boerdery aan die gang te kry.

Soos met enige bordspeletjie is daar sekere reëls waarvolgens die spel gespeel word. Hier ’n paar hoofkenmerke van Boereplaas:

Spelers

Spelers vanaf so 6 jaar kan deelneem. Tieners, jongmense en grootmense speel net so lekker BOEREPLAAS! Dit is ‘n spel vir oud en jonk en die ideale spel vir families.

Die spel kan deur 2 tot 6 spelers gespeel word. Een van die spelers (of ‘n person wat nie deelneem aan die spel nie), kan as die Bankier van die Boere Bank funksioneer.

Tydsduur van die spel is ongeveer 30 tot 60 minute

Get notified by email when this product is in stock.
Add To Cart

Boereplaas - hoe om te speel: https://www.boereplaas.com/about

Tydtoer Bordspel
NZ$55.00
Sold out / Teken aan op waglys
Boereplaas Uitbreidings
NZ$22.00
Die Groot Trek Bordspel
NZ$55.00