DEON MEYER - LEO - Bennie is terug!

NZ$39.00
Only 2 available

NEW ORDER ARRIVING 15 JAN 2024.
Place your email address on the sold out button to be notified when LEO arrives.

’n Student se dood in die berg naby Stellenbosch lyk verdag. 'n Voormalige recce doodgemaak as 'n boodskap. Aan iemand: Toemaar. 'n Aantreklike safarigids, gewerf as 'n heuningval vir die grootste dollarroof in die land se geskiedenis. En agente van staatskaping wat elke ondersoek saboteer ...

En Griessel en Cupido is terug!

ISBN: 9780798183383

Publisher: Human & Rousseau

Date Release: 20 Oct 2023

Paperback / Sagteband

Quantity:
Add To Cart

Oor hierdie boek:

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos ? dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ? jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ? spesiale dag wees: Die begin van ? nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ? groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort ? redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord.

Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ? groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ? oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ‘n rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Foxtrot van die liefde
NZ$19.00
Ou liefde nuwe liefde
NZ$19.00
Helende Liefde
NZ$19.00
Hartsbesit
NZ$19.00
Wilde Jasmyn vir Steyn
NZ$19.00