Siener van Rensburg: In die loopgraaf

NZ$20.00
Only 1 available

Nicolaas Pieter Johannes (Niklaas of Siener) Janse van Rensburg (3 Augustus 1864 – 11 Maart 1926) was n Boer uit die Suid-Afrikaanse Republiek – ook bekend as die Transvaalse Republiek en later n Burger van Suid-Afrika wat deur sommige as n profeet van die Boere beskou is. Gevolglik word sy bynaam Siener. Van Rensburg se visioene is gewoonlik inn patriotiese, godsdienstige format toegedraai en word deur gelowiges geinterpreteer as voorspellings van toekomstige gebeure. Gedurende die Boereoorlog het hy ‘n betroubare metgesel geword, indien nie adviseur van Generaal de la Rey en President Steyn nie. Die omvang van sy invloed op hierdie figure word betwis, hoewel die Godsdienstige de la Rey hom blykbaar as n profeet van God beskou het.

ISBN: 9780620547772

Writer / Skrywer: Adriaan Snyman

Publisher / Uitgewer: Vaandel Uitgewers

Paperback / Sagteband

Add To Cart

Met In die loopgraaf word daar nie net gekyk na Siener en Bybelse profesiee nie, maar ook na gebeure en persoonlikhede wat direk meegedoen het om dit in vervulling te bring. Die ware profeet se woord sny meedoenloos heen oor mens, rang, titel of status; dit betuig van reg en geregtigheid; is barmhartig, maar ook genadeloos; dit striem soos n sweep, maar bring ook troos soos n moeder in haar mededoe; dit spreek die taal van hemelbodes en laksmanne. Die profeet se skaal weeg nie woorde nie, maar dade. En as sy woorde kasty of kwets, vra hy nie om verskoning nie. Gewis en seker sal dit die ashope van gister, vandag en more omdolwe — die skande en skades oopvlek tot op die been... Het dr. H.F. Verwoerd dalk iets hiervan vooruitgesien toe hy in 1961 die SA-Klub in Londen toegespreek en gee die blankes in Suid-Afrika het net n paar keuses — eerstens kan hulle hulself, hulle besittings, asook die geslagte wat nog kom, opoffer deur aan n Swart Regering oor te gee. Of hulle kan hulself bluf deur geringe toegewings te maak, en te hoop dat die bose dag nog n rukkie uitgestel word, sodat hulle kinders en kleinkinders daaronder sal ly, maar nie hulleself nie. En wat gebeur as die swartes alleenheerskappy kry? Sal hulle dan erken dat hulle gefaal het, en hulle in die laaste loopgraaf gaan ingrawe om te veg? Die dag toe mnr. De Klerk in 1995 besef dat hy gefaal het, het hy met n “glimlag en ’n lied in sy hart”(sy eie woorde) sy hoed gevat, die laer verlaat — gedros, om sonder gewetenswroeging sy volksgenote alleen in die loopgraaf agter te laat. Siener van Rensburg het reeds 80 jaar gelede al hierdie verraad en oorgawe voorspel; maar hy het ook ‘gesien’ sy volk neem dinge in eie hande vir daardie laaste, verbete stryd. Hierdie boek vertel u daarvan...

Albertus die jakkalsie 3: Dag op die plaas
Sale Price:NZ$5.00 Original Price:NZ$14.00
sale
Drie vroue en n meisie
NZ$19.00
Huis van Gruwels
NZ$32.00
Pippie Langkous - Omnibus
NZ$35.00
Die ondenkbare
NZ$16.00