Vywervrou-trilogie 4: Marilyn

NZ$35.00
Only 2 available

Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.

ISBN: 9780639607337

Writer / Skrywer: Chanette Paul

Paperback / Sagteband

Publisher / Uitgewer: LAPA Uitgewers

Quantity:
Add To Cart

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ‘n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...

Die verkeerde vrou - Irma Venter
NZ$35.00
Martin Steyn - Donker Spoor
NZ$16.00
Drie vroue en n meisie
NZ$19.00
Die Einde van die storie
NZ$19.00
DEON MEYER - Die ballade van Robbie de Wee Bundel
NZ$39.00