Image 1 of 7
Image 2 of 7
Image 3 of 7
Image 4 of 7
Image 5 of 7
Image 6 of 7
Image 7 of 7
Ek kan lees - Bybelstories vir beginners
Daar is soveel voordele daaraan verbonde om saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir taalvaardigheid, stimuleer die verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder.
In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê.
Jesus gee die mense kos vertel die verhaal van een van Jesus se bekendste wonderwerke. Baie mense het na Jesus gaan luister terwyl Hy die mense geleer het, maar hulle het honger geraak! Daar was niks kos nie, behalwe een seuntjie se middagete. Wat gebeur toe hy dit met Jesus deel?
In Ester en die koning moet die dapper Ester, ’n jong Joodse meisie wat koningin word, haar mense probeer red. Sal die koning na haar luister? Is dit hoekom God haar koningin gemaak het?
In Baba Moses en die prinses lees kinders hoe Moses se ma hom in ’n mandjie sit en hoe God hom op ’n besonderse manier beskerm. Wat gaan met hierdie seuntjie gebeur? Wat is God se plan vir hom?
In Adam en Eva in die Tuin leer kinders van alles wat God gemaak het – alles wat so perfek was! Maar toe gebeur daar ’n slegte ding. Hoe kan dinge ooit weer regkom?
SKU :
9780638003246 / 9780638009057
9780638009040 / 9780638009033
Language : Afrikaans
Size : 210 mm x 150 mm x 4 mm
Page Count : 32
Format : Paperback
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy