Mnr Stink

NZ$29.00
Only 1 available

Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.

ISBN: 9781485305576

Writer / Skrywer: David Walliams

Illustrator / Illustrasies: Tony Ross

Paperback / Sagteband

Pictures / Prentjies

Add To Cart

n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En n stank is erger as n stankie. En n stankie is erger as n klankie. Maar n klankie is al genoeg om n mens jou neus te laat optrek. Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was na alles n boemelaar. Hy het nie n huis gehad nie en kon hom nerens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie. Chloe is seker die eensaamste meisie in die wereld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg –maar hys die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime n manier het om op n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom …

Trompie Omnibus 1
NZ$25.00
Briewe Van Mieliepit
NZ$10.00
Die Tande-Terroris
NZ$35.00
Oloff die Seerower: Die spioen*
Sale Price:NZ$10.00 Original Price:NZ$18.00
sale
Klein boek van: Skrikwekkende spoke
NZ$9.00