Briewe Van Mieliepit

NZ$10.00
Only 1 available

Hallo Liefsteling! Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang.

ISBN: 9780639604589

Writer / Skrywer: Fanie Viljoen

Illustrator / Illustrasies: Megan Bird

Paperback / Sagteband

Pictures / Prentjies

Add To Cart

Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen.

Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Oupa Ontsnap
NZ$29.00
Wees 'n seun na God se hart
Sale Price:NZ$10.00 Original Price:NZ$22.00
sale
Saartjie Omnibus 7
NZ$25.00
Zinzi en Saffraan: Monsters en muf
NZ$10.00
Trompie Omnibus 8
NZ$25.00