DEON MEYER - Prooi

NZ$39.00
Only 1 available

Deon Meyer - Die gewildste skrywer in Afrikaans

ISBN: 9780798177757

Publisher / Uitgewer: Human & Rousseau

Date Released / Datum vrygestel: October 2018

Paperback / Sagteband

Add To Cart

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

DEON MEYER - Feniks
NZ$39.00
Doodsengel
NZ$32.00
Sold out / Teken aan op waglys
Kringe in die Bos deur Dalene Matthee (Sagteband)
NZ$35.00
Die verkeerde vrou - Irma Venter
NZ$35.00
Na 'n Plaas In Afrika - Irma Joubert
NZ$35.00
Sold out / Teken aan op waglys