Saartjie Omnibus 6

NZ$25.00

In Saartjie se gevaar wil Saartjie graag vir haar ma 'n spesiale verjaardaggeskenk koop, maar net voor haar verjaardag beland haar ma in die hospitaal.

ISBN: 9780798176590

Writer / Skrywer: Bettie Naudé

Paperback / Sagteband

Quantity:
Add To Cart

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit.

In Saartjie se dagboek het Saartjie ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne om hulle eie tydskrif te begin. Haar boetie, Apie, skop 'n rugbybal by 'n kwaai oom se erf in en sy moet dit gaan haal. Intussen moet sy kophou met twee seuns wat gelyktydig beenaf op haar raak.

In Saartjie se moleste moet Saartjie eksamen skryf en afreken met 'n boelie wat haar "poplap" noem. Die Drie Muskiete word ook tydens die skoolvakansie na die plaas toe genooi en hulle laat die plaasseuns gou verstaan dat hulle nie met hulle laat mors nie.

In Saartjie se gevaar wil Saartjie graag vir haar ma 'n spesiale verjaardaggeskenk koop, maar net voor haar verjaardag beland haar ma in die hospitaal. Boonop sien sy 'n vreemde motor wat om Lynnekom se bank sirkel en betrap 'n bende rowers op heterdaad. Is daar 'n held wat haar gaan red of gaan sy self met die skurke probeer afreken?

Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word! 

Geraamte in die klas
NZ$10.00
Bertie Blikbrein
NZ$10.00
Superheroes vlieg net saans
NZ$10.00
Liefde is 'n sprokie*
Sale Price:NZ$5.00 Original Price:NZ$20.00
sale
My ouma is 'n rock-ster
NZ$10.00