Tussen stasies trilogie 03: Tolbos

NZ$42.00
Sold Out

Tussen stasies trilogie:

Boek 1: Ver wink die Suiderkruis

Boek 2: Tussen Stasies

Boek 3: Tolbos

Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week in Pole word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen stasies, deel van 'n betoging teen kommunisme.

Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met die val van apartheid in Suid-Afrika en die val van kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Albei karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande.

Bekende aspekte uit die tagtigerjare gee verdere geur aan die verhaal: verpligte diensplig; die noodtoestand en mediasensuur; die Vrye Weekblad; Afrikanerjongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk; die literatuur van daardie jare: Die swerfjare van Poppie Nongena, Kanna hy kô hystoe, 'n Droë wit seisoen; en veral die alternatiewe Afrikaanse musiekgroepe en die Voëlvry-beweging.

Bo en behalwe die musikante wat deelneem aan die Alternatiewe Afrikaanse Beweging, ontmoet die leser ook bekende karakters soos Helen Zille, 'n jong joernalis by die Rand Daily Mail, en die enigmatiese Max du Preez in die deurmekaar kantore van die Vrye Weekblad.

Sagteband 520pp

ISBN 9780799364033

Get notified by email when this product is in stock.

Kronkelpad - Irma Joubert

Die reeks

Ver wink die Suiderkruis is 'n heruitgawe van die eerste boek in die trilogie wat bestaan uit Tussen stasies, die tweede boek, en Tolbos, die derde boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir 'n nuwe generasie lesers.