Die dag toe Ernst 'n ertjie geeet het

NZ$26.00
Only 1 available

Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter ’n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan ’n ertjie te proe …

ISBN: 9780799389401

Writer / Skrywer: Jaco Jacobs

Illustrator / Illustrasies: Johann Strauss

Pictures / Prentjies

Add To Cart

Vreemde dinge kan gebeur as jy ’n ertjie eet … Ontmoet vir Ernst, Ernst de Vos. Hy eet so ampertjies enige kos: hamburgers, pizza, herderspastei, spaghetti, bobotie (met geelrys daarby), pampoenkoekies, kerrievis, blomkool en beet. Maar Ernst WEIER om ertjies te eet. Almal probeer vir Ernst oorreed om ’n ertjie te eet. Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet – dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word. Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet – hy kan SKATRYK word. Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper ’n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak. Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet. Op ’n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur! Hy word so BEROEMD soos ’n rockster … hy word SKATRYK … hy word ’n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red! Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet? Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter ’n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan ’n ertjie te proe …

Arthur en die voels
NZ$16.00
Magriet Hou Konsert
NZ$15.00
Gans: Gans
NZ$15.00
Flintie Valsbaard en die Ys-eiland
Sale Price:NZ$5.00 Original Price:NZ$15.00
sale
Liewe Heksie en die pampoene
NZ$29.00