Die Davel-vroue reeks - Chanette Paul

NZ$29.00

Die boeke volg nie op mekaar nie, maar maak deel van die Davel-Vroue reeks deur Chanette Paul

TAMARA

Hul liefde mag nie. Joshua is Tamara se halfbroer. Maar ís hy Groot Dawid se bloedseun? Ma Saar ken die waarheid, maar praat nie. En as die Anglo-Boereoorlog die antwoord insluk, blý hul liefde vergeefs

WILLEMIEN

Willemien is ’n konsentrasiekampkind. Haar bitterheid, selfs haat vir die Britte kan sy nie onderdruk nie. Aidan Connolly is een van hule. Hoe onderdruk sy haar liefde vir hom? Hy hét haar mense in die oorlog vermoor

ANNABELLA

Sonder Istvan Bethlen sal sy nooit weer volledig Annabella Davel wees nie. En sy het hom verloor. Op vlug is hy, 'n adellike, in Amsterdam doodgeskiet. Haar musiek, haar lewe is skielik betekenisloos, sonder sin

DEBORAH

Deborah is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

ISABELLE

Isabelle is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak

MARYN

Maryn wou glo sy is Neil von Wildenstein se droomvrou. Nou weet sy – haar pa se lemoenplaas is wat hy eintlik wil hê. Lemoenblomolie is volop op Bergendal, en dís wat Niel broodnodig het vir sy laventelprodukte

FLEUR

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

NAME:
Quantity:
Add To Cart
Laaste Kans - Marita Van Der Vyver
NZ$22.00
Op pad - Dana Snyman
NZ$39.00
Romanza nostalgie: Madelie Human
NZ$22.00
Heerser van die Ringe 02: Twee torings
NZ$35.00
Sonvanger
NZ$19.00