Laaste Kans - Marita Van Der Vyver

NZ$22.00
Only 1 available

Dis 'n outydse kleurfoto op glanspapier, 'n buigbare, skeurbare, opfrommelbare voorwerp uit 'n era voordat almal hulle herinneringe op slimfone bewaar het. Dit was die laaste keer dat hulle almal saam gekuier het . . .

'n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis aan die Weskus.

Sommige bring hul kinders en kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en

betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Laaste kans is 'n roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het.

Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

ISBN: 9780624094043

Publisher: Tafelberg

Date Released: September 2023

Format: Soft cover, 288pp

Add To Cart
Murasie - Chanette Paul
NZ$30.00
Pieternella van die Kaap - Dalene Matthee
NZ$35.00
Sold out / Teken aan op waglys
Vywervrou-trilogie 1: Lira
NZ$35.00
Romanza nostalgie: Alma Carstens
NZ$22.00
Op pad - Dana Snyman
NZ$39.00