Die Stories agter die Storie - Jo Black

NZ$29.00

Die Stories agter die Storie - deur Jo Black. Hopelik kan my stories bydra tot jou storie, miskien sien jy jouself in my storie. Dis wanneer jy besef ons almal het eintlik ʼn storie. Ek glo ook dis deur ons stories te deel dat ons mense help, hulle laat besef dat daar altyd hoop is en dat ons ons getuienisse kan gebruik om ʼn verskil en dinge beter te maak.

Quantity:
Add To Cart

Jo Usher Engelbrecht is in 1982 gebore en het in Pretoria-Noord grootgeword. Oupa Jo Usher Bell, wat reg langs Hoërskool Pretoria-Noord gebly het, was vir Jo baie spesiaal en het oor die 100 jaar oud geword.

Na skool het hy in die konstruksiebedryf gewerk. Hy en Debbie, sy vrou, het twee dogters. Dit het in ‘n stadium van hul lewens maar broekskeur gegaan.

Om kinders te inspireer, het hy die “Be That Guy / Be That Girl” – beweging begin. Daar was ook die gewilde braaivleis-samekomste aan die beweging gekoppel.

Jo is nie die enigste kind nie en ook nie die enigste sanger in die familie nie. Hulle is drie broers en het een suster. Sy susterskind Liam Meredith het ook die musiekbedryf betree.

In Desember 2016 het Skepe, sy eerste titelsnit, die lig gesien en die res is geskiedenis.


Ek is excited om hierdie groot oomblik met julle te deel!

Tussen deur optredes en toere het ek onlangs my eerste boek geskryf en hopelik kan my persoonlike, rou stories bydra tot jou eie storie. Dit is tog wanneer mens jou eie storie neerpen, dat jy besef ons álmal het ‘n storie. ‘n Storie wat waardig is en een wat ons vorm, ons beïnvloed en uiteindelik vir ons vryheid gee.

My boek 𝘿𝙞𝙚 𝙎𝙩𝙤𝙧𝙞𝙚𝙨 𝙖𝙜𝙩𝙚𝙧 𝙙𝙞𝙚 𝙎𝙩𝙤𝙧𝙞𝙚 is ‘n rou en eerlike weergawe van die stories en gebeure wat my musiek én my eie lewe verander, geskep en gevorm het. Ek deel foto’s en herinneringe wat jy nêrens anders sal kry nie.

Hykie Berg: Ultimate Survivor
NZ$29.00
Truth to Power - Andre de Ruyter (ENG)
NZ$39.00
Hykie Berg - My stryd met ADHD
NZ$35.00
Soldaat - Reynardt Hugo
NZ$35.00