Pieksel

NZ$10.00

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie.

ISBN: 9780799394108

Writer / Skrywer: Fanie Viljoen

Illustrator / Illustrasies: Fanie Viljoen

Paperback / Sagteband

Quantity:
Add To Cart

Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op 'n dag besluit hy om vir hom 'n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is 'n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. Saam met Pieksel is elke dag 'n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly? Pieksel is 'n pragtige storie oor 'n seuntjie wat alleen is en wie se ouers heeldag werk.

Klein boek van: Skrikwekkende spoke
NZ$9.00
My ouma is 'n film-ster
NZ$10.00
Klein boek van reuse rekords
NZ$9.00
Max die dapper gorilla en ander ware dierestories
NZ$10.00
Cowboy Koekemoer van die klein Karoo en die Seerower van Watsenaam
Sale Price:NZ$5.00 Original Price:NZ$10.00
sale