Narnia 02 - Die leeu, die heks en die klerekas

NZ$25.00
Sold out / Teken aan op waglys

Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.

CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke

 ISBN: 9781485302155

Writer / Skrywer: CS Lewis

Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes

Soft Cover / Sagteband

Pictures / Prentjies

Get notified by email when this product is in stock.
Add To Cart

Toe die Tweede Wereldoorlog uitbreek, word Edmund, Peter, Susan en Lucy uit Londen weggegestuur om by n ou familievriend op die Engelse platteland te gaan woon. Met die dat ou professor Kirke skynbaar heeltemal in sy eie wereld leef, kan die kinders ongestoord na hulle eie vermaak soek in sy yslike ou huis in die middel van nerens. Eers is daar die opwinding van die huis verken: lang gange, eindelose spaarkamers, vertrek op vertrek vol boeke en dan een enorme kamer waarin daar niks behalwe n groot klerekas staan nie. Dit, dink Lucy, verdien nadere ondersoek. Terwyl sy nog haar pad deur die rye jasse binne-in die kas oopdruk, voel sy meteens iets sag en poeierig en yskoud op haar val en ontdek dat sy in die middel van n woud staan. Dis aand, en daar is sneeu onder haar voete en sneeuvlokkies dwarrel deur die lug. Lucy het sowaar in die vreemde towerwereld van Narnia beland. Die tweede avontuur in die opwindende Kronieke van Narnia – meesterlik vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Harry Griesel 1: Operasie Spookredding
NZ$10.00
Aaklige Ant Alberta
NZ$29.00
Krok en Dil
NZ$10.00
Oloff die Seerower: Die seerower se buit*
Sale Price:NZ$10.00 Original Price:NZ$18.00
sale
Oloff die Seerower: Die vreemde Kapers*
Sale Price:NZ$10.00 Original Price:NZ$18.00
sale