Siener van Rensburg: Boodskapper van God

NZ$26.00
Sold out / Teken aan op waglys

Nicolaas Pieter Johannes (Niklaas of Siener) Janse van Rensburg (3 Augustus 1864 – 11 Maart 1926) was n Boer uit die Suid-Afrikaanse Republiek – ook bekend as die Transvaalse Republiek en later n Burger van Suid-Afrika wat deur sommige as n profeet van die Boere beskou is. Gevolglik word sy bynaam Siener. Van Rensburg se visioene is gewoonlik in n patriotiese, godsdienstige format toegedraai en word deur gelowiges geinterpreteer as voorspellings van toekomstige gebeure. Gedurende die Boereoorlog het hy ‘n betroubare metgesel geword, indien nie adviseur van Generaal de la Rey en President Steyn nie. Die omvang van sy invloed op hierdie figure word betwis, hoewel die Godsdienstige de la Rey hom blykbaar aan n profeet van God beskou het.

ISBN: 9780958408011

Writer / Skrywer: Adriaan Snyman

Publisher / Uitgewer: Vaandel-Uitgewers

Paperback / Sagteband

Get notified by email when this product is in stock.
Add To Cart

Die publikasie van Boodskapper van God 20 jaar gelede was nie net die eerste volledige biografie van die bekende Boereprofeet (Siener van Rensburg) nie, maar ook n versameling van al sy beskikbare gesigte in een band. Sedertdien het die visioene van Siener van Rensburg sy volksgenote geroep, gelei en gedra deur n baie moeilike tyd in ons geskiedenis. Maar nou staan hulle daar waar hy gese het dit sal so donker wees dat ek nie my hand voor my oe kan sien nie.'

Gebeure wat hy in sy visioene gesien het, word nou eers bewaarheid, soos die instroming van swartes uit Afrika hierheen en na Europa; n konflik wat al 'n jaar lank in Rusland woed en in n burgeroorlog kan ontwikkel; die verslegting van die wereldekonomiese toestand; aanhoudende kragonderbrekings in Suid-Afrika; munisipaliteite wat al byna almal bankrot is; droogtes en hongersnood wat voorle; onteiening van grond; die media wat ons in die duister hou oor belangrike plaaslike en wereldgebeure; stakings; Siener se woorde 'kyk na die parlement, want daar gaan ons dinge begin,' en laastens sy profesie dat "niks in die kerk meer reg sal wees nie."

Sy visioene staan in die lig van die volle waarheid, dis 'n openbaring van verborge skakeringe van volkslyding, smart, vernedering, verraad, sonde, maar uiteindelik n godsvreugde van genade en vryheid wanneer n grootse wonderwerk gebeur.

Charles Fryer, skryf in Insig van Junie 1993: "Dis die onvergeetlike verhaal van een van die merkwaardigste persoonlikhede in ons geskiedenis. n Boek wat die Boereprofeet teruggee aan sy volk."


Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2
NZ$29.00
Verlore Skatte
NZ$19.00
Dis ek, Anna: Die Volle Verhaal
NZ$25.00
Klein Grillie die Spinnekop: Die Verjaarsdagverrassing
Sale Price:NZ$5.00 Original Price:NZ$15.00
sale
Knuppeldik Aan Koningskos
NZ$35.00