Op My Planeet: Die Beste Rympies van Jaco Jacobs

NZ$10.00
Only 2 available

Maak gereed vir hope rympiepret op Jaco Jacobs se planeet! Dis ’n plek waar jy wurms met tamatiesous op die spyskaart kan verwag, waar ’n brulpadda in jou tas kan beland, of jou boetie ’n alien kan wees.

ISBN: 9780799390636

Writer / Skrywer: Jaco Jacobs

Illustrator / Illustrasies: Zinelda McDonald

Hard Cover / Hardeband

Pictures / Prentjies

Quantity:
Add To Cart

Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje); ’n Brulpadda in my tas; My boetie dink hy’s Batman; Kougom in my hare; Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers. En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Krok en Dil
NZ$10.00
Oloff die Seerower: Die seerower se buit*
Sale Price:NZ$10.00 Original Price:NZ$18.00
sale
Dagboek van n Wimp 06: Kamerkoors
NZ$18.00
Lafras Cuyper 02: Luitenant Lafras Cuyper
NZ$18.00
Harry Griesel 1: Operasie Spookredding
NZ$10.00